Ons Storie
By die Atterbury Trust lê drie kernfokusse ons na aan die hart: studente, gemeenskap en kultuur. Wat die Acappella-kompetisie so spesiaal maak, is dat dit hierdie drie elemente op unieke wyse saamweef.
Die idee hiervoor het gekom van ’n oudstudent wat ’n vurige pleidooi gelewer het om studente-acappella – of sêr, soos dit algemeen bekend staan – weer op die verhoog te bring.
Ons het dié geleentheid met entoesiasme aangegryp. Hierdie kompetisie bied ’n waardevolle platform vir jong musiektalent om hul liefde vir musiek en verhoogkuns ten volle uit te leef.
Hoe werk die Acappella-kompetisie:
Ons nooi alle Acappella-groepe uit, wat verbind is aan ’n tersiêre instelling om in te skryf. ‘n Aangewese acappella-paneel sal die toptienfinaliste aankondig wat by die finaal kom deelneem.
Die primêre doel van hierdie kompetisie is om die bevordering van kuns deur middel van musiek, terwyl ons terselfdertyd die studentekultuur verryk.
Wanneer vind die kompetisie plaas:
11 September 2026
Sosiale geleentheid vir acappella-groepe in Pretoria.
12 September 2026
Gala-aand, Fairtree Atterbury Teater, Pretoria.
Hoe werk die inskrywings?
Om die inskrywing volledig in te dien moet ‘n opname opgelaai word van jou groep se Afrikaanse lied/verwerking in jul repertoire sowel as ‘n addisionele verwerking van jou keuse.
Klik op die inskrywingsvorm vir meer inligting.
#AKABRINGDIT
#AKASINGDIT